Local newsNews

Willem Engelbrecht van Standerton kry groter prentjie van anti-stropery in Chad

As vrywilliger, sou hy sy werk aan 40 perde wat aandag benodig het, reeds om 5.15vm begin en ’n kortbroek en kortmouhemp was die aangewese keuse om die 35°C te trotseer.

’n Plaaslike veearts, dr. Willem Engelbrecht, se betrokkenheid by dieresorg, het hom op 4 November vanaf OR Tambo-lughawe op Ethiopian Air se vlug na Addis Ababa, laat beland om die destydse Franse kolonie, Chad te besoek.

Die vlug is daarna na die hoofstad N’Djamena voortgesit voordat ’n viersitplek-vliegtuig hom veilig by Zakouma Nasionale Park besorg het.

Met gras tot 2m lank in die hoofkwartier en oop panne elders het die landskap die volgende herinnering wakkergemaak.

“Dit is byna soos ’n droë Bosveld,” het hy laat blyk.

As vrywilliger, sou hy sy werk aan 40 perde wat aandag benodig het, reeds om 5.15vm begin en ’n kortbroek en kortmouhemp was die aangewese keuse om die 35°C te trotseer.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button