Shandré van den Heever van Standerton ‘n held in ‘murg en been’

“Ek wil graag R3 000 hê, maar sal meer as tevrede wees met R1 500,” het sy gesê.

‘n Matrikulant van Hoërskool Standerton, Shandré van den Heever, het die nood van ‘n jong meisie wat ‘n beenmurgoorplanting benodig, raakgesien en besluit om te help.

Nadat sy met ‘n WhatsApp-boodskap met past. Leon Viljoen oor sy 18-jarige dogter, Linda, in verbinding getree het, is die erns besef om so gou moontlik haar bloed te laat toets.

DNS-uitslae sal dan bepaal of Shandré se bloed aanpasbaar sal wees.

Haar ma, me. Susan Mocke, ‘n plaaslike paramedikus, het met die Sunflower Foundation in aanraking gekom.

Dié nie-winsgewende organisasie spits hulle toe op bewusmaking van die behoefte aan stamselskenkers.

Shandré benodig egter geld om twee buisies bloed te laat trek met hul mediese fonds wat nie hiervoor sal betaal nie.

Die koste beloop R3 000, maar die Sunflower Foundation maak van donateurs gebruik.

Volgens me. Mocke, het hul in ‘n telefoongesprek aangedui dat indien R1 500 betaal word, hulle die ander gedeelte sal betaal.

Skenkers word op ‘n register geplaas en sou haar bloed in dié geval nie bruikbaar wees nie, kan dit vir ‘n ander pasiënt gebruik word.

Enigeen wat ‘n bydrae aan Linda Viljoen wil maak, kan dit by me. Marina Schoombee, Standerton Advertiser, Burgerstraat 13B afgee.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version