Local newsNews

Bethal-inwoner gewaar blouaap

DBV wil aap vang en na plek van veiligheid stuur

BETHAL – Die Bethal DBV is op soek na ’n blouaap wat vroeër vandag in Simon- en Malherbestraat beweeg het.

Me. Laurna Coetzer van Bethal DBV het inwoners gemaan om nie naby die aap te kom of hom te probeer skiet nie.

Sy het reeds ’n vanghok gereël en die brandweer se hulp ingeroep.

“Ons sal die hok gaan opstel waar ons dink die beste plek is om hom te vang,” het sy gesê.

“Mense moet asseblief hul kinders ook weghou as hulle hom sien en hom nie probeer voer nie.”

Sy het ook reeds met die Departement van Natuurbewaring gepraat wat gesê het as me. Coetzer hom gevang het, sal hulle hom na ’n veilige plek neem.

Me. Coetzer het die publiek gevra om ’n boodskap te stuur na 072 573 3122 as hulle die blouaap sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button