Jeanne Vermeulen ontdek die wêreld van Polymerklei

Soos ons in haar werkskamer sit het sy vertel dat sy nie kan wag om in die oggende te begin met die kleiwerk nie en sy sit soms tot laat in die aande en werk.

Oor ‘n koppie koffie in die huis van me. Jeanne Vermeulen het sy die wêreld van polymerklei vir ons oopgevlek.

Sy is ‘n bekende gesig in die kunskringe van Ermelo en het die lewens van soveel mense al verryk met haar omgee en liefde vir ander mense.

Meeste van die mense ken haar van die krale winkel wat sy op Ermelo geopen het.

Sedert sy die winkel verkoop het hou me. Vermeulen haarself besig met die handige werk van polymerklei en skilder van tyd tot tyd.

Polimerklei is ‘n tipe verhardbare modellering klei.

Die klei word gewoonlik gebruik vir die maak van kuns en kunsvlyt.

Sy het die eerste keer met klei begin werk toe haar kinders op skool was. Sy het krale gemaak van die klei en toutjies deur geryg.

“Ek kon nie voorbly met die krale wat die onderwysers by my gekoop het nie.”

Vir jare daarna kon sy nie weer van die klei gekry nie, totdat sy die Suid-Afrikaanse weergawe van die klei ontdek het.

Sy het hulle dadelik geskakel en na vele studies het sy deel geraak as ‘n fasiliteerder. Sy is tans die enigste fasiliteerder in Mpumalanga.

“Die klei kom in soveel verskillende kleure en wat lekker is van die klei is dat jy dit in jou kombuisoond kan bak.” het me. Vermeulen gesê.

Sy gee ook klasse waar sy die tegnieke van krale en juwele maak met die klei asook hoe om eetgerei te versier aanbied vir haar leerders.

Me. Vermeulen het vertel dat sy graag verdere studies wil doen oor die kleiwerk omrede daar geen einde is aan die kreatiwiteit van die klei nie.

Sy beoog om meer tyd aan klasse te bestee en mense op te lei om deur kleiwerk selfonderhoudend te wees.

Soos ons in haar werkskamer sit het sy vertel dat sy nie kan wag om in die oggende te begin met die kleiwerk nie en dat sy soms tot laat in die aande sit en werk.

“Ek geniet dit so om die kleiwerk te doen, dat ek vergeet van die tyd en voor ek sien is dit al vroeg oggendure. ‘n Kunstenaar kan nooit ophou werk nie, die kuns is binne jou en jy is altyd op soek na nuwe maniere om kunswerke te maak.” het sy laggend vertel.

Haar deurbraak met die kleiwerke het gekom nadat me. Vermeulen een van haar juweelstukke wat sy gemaak het, op ‘n kunsblad geadverteer het.

Die mense het dadelik gereageer en was geintreseerd met die kleiblom wat sy in die juweelstuk gebruik het.

Sy het besef dat daar ‘n groot mark is vir kleiwerke. Sy maak saam met die juwele en eetgerei ook mosaïekteëls, sleutelhouers, boekmerke en het al deurknoppe vir klante gemaak.

Me. Vermeulen verkoop ook die klei en ander benodigdhede om die stokperdjie te kan beoefen.

Me. Vermeulen se kunswerke sal ook by die Kaalvoet Kunsfees ten toon gestel word en asook klasse wat sy aanbied om ‘n suikerlepel te versier met klei.

“Die kunsfees is ‘n wonderlike geleentheid wat ontstaan het om die kunstenaars in Ermelo op te hef.”

Die Kaalvoet Kunsfees sal Vrydag, 9 November tot Sondag, 11 November by die NG Ermelo-Oos gemeente op die hoek van Robbertson- en Kleinstraat plaasvind.

Daar gaan kosdemonstrasies, kuns, verhoogopvoerings, werkswinkels, sang en heerlike eetgoed by die fees wees.

Die Creative Connection groep wat die kunsfees organiseer nooi almal om ‘n draai by die fees te maak en die dag saam met hulle te geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version