Local newsNews

Bloei saam met Laerskool Kruinpark

Die skool en SANBD vra die gemeenskap vir hulp om hul doelwit van 50 eenhede geskenk, te bereik

SECUNDA –  ’n Bloedskenkkliniek word in die skoolsaal by Laerskool Kruinpark op Woensdag, 7 November gehou.
Dit vind vanaf 12nm tot 6nm plaas.

Die skool en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) doen  ’n beroep op ouers, gesinne, families en vriende om die dag  te ondersteun en sodoende pasiënte te help wat bloed of bloedprodukte daagliks benodig.

Laerskool Kruinpark het SANBD aangeneem vir die dag en beoog om 50 eenhede bloed in te samel.

Teksa Bloeddiens benodig daagliks 100-150 eenhede bloed. Indien u bo 50kg weeg, tussen die ouderdom van 16-65 jaar is en ’n veilige gesonde leefstyl handhaaf, kan u bloedskenk.

Mense wat bloed ontvang, sluit in kankerpasiënte, kindergeboorte en ginekologiese pasiënte, trauma gevalle en mense wat heupvervangingsoperasies of rugoperasies ondergaan, om ‘n paar te noem.
Skenkers word herinner om te eet voor hulle bloed skenk.

Laerskool Kruinpark se doelwit is om 50 eenhede in te samel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button