Local newsNews

Vat hande met Creative Connections om saam ’n positiewe verskil in Ermelo te maak

Met die profetiese woord het sy dadelik ’n groep mense wat jy ken bymekaar gekry en haar visie met hulle beweeg deel en groot was haar verbasing om uit te vind dat die selfde visie ook in die harte van die mense brand.

Na daar verlede jaar ‘n profetiese woord oor Ermelo gespreek is, het me. Cea du Plooy besef dat om die woord te bewaarheid, moet ‘n mens die eerste stap neem.

Dié woord praat van ‘n verandering op die dorp deur middel van kunste, geboue in die dorp wat restoureer word en mense van regoor Suid-Afrika wat Ermelo besoek om die transformasie te beleef.

Me. Du Plooy het dadelik ‘n groep mense, wat sy ken, bymekaargekry en haar visie met hulle gedeel.

Groot was haar verbasing om uit te vind dat dieselfde visie ook in die harte van die mense brand wat kreatiewe projekte, kunste en dade van vriendelikheid insluit.

“Die naam van die groep, “Creative Connections”, het ontstaan deur dié groep wat met mekaar verbind is om saam veranderinge, wat God vir Ermelo beplan, uit te voer,” het sy gesê.

“Alles verander as God intree.”

Die verskillende projekte bedien en verander elkeen op sy eie, in die gemeenskap deur hulle uit te daag om nie net hulself te verander nie, maar ook om hulle denke te verander tot beterskap van die dorp en omgewing.

Die “Pro Life”-groep werk in die aand en smee vriendskappe met die gebroke mense op straat en verleen hulp waar dit benodig word, terwyl “Meals that heals” die mense wat op straat woon elke Woensdagaand van ‘n bord kos voorsien.

Sy het vertel dat hulle mense op straat al leer ken het en weet waar om hulle op te spoor.

Sy het verder vertel van die “Valuable for Jesus”-projek, waar mense van die gemeenskap, asook van die bejaarde vroue in die SAVF-tehuis, poppies brei wat aan laerskoolkinders uitgedeel gaan word.

Dié projek is ‘n voorkomingsprojek om kinders van ‘n jong ouderdom te leer dat hul uniek en waardevol vir God is en hulle beplan om in volgende jaar reeds hulle eerste skool te besoek.

Die “Speak Life” is ‘n “flash mob”-dansgroep wat vanjaar vir die tweede keer by die Oak Sentrum opgetree het.

Die dans daag hoërskoolkinders uit om op te staan vir hulle waardes.

Die “Creative Connection”-groep bied vanjaar die eerste van sy soort ‘n kunstefees op Ermelo aan, waar hulle God as Skepper wil eer.

Die Kaalvoet Kunsfees sal vanaf 9 tot 11 November by Ermelo Oos-kerk plaasvind.

“Dit is ook ‘n entrepreneursgeleentheid vir die gemeenskap en ‘n platform vir kunstenaars om hul kunste uit te voer en aan te bied.

“As die Here in dit is, sal Hy altyd voorsien.” het sy afgesluit.

Die groep beoog om belangstelling by ander dorpe aan te wakker en indien enigeen by “Creative Connections” wil betrokke raak, kan hulle me. Du Plooy by 074 578 2067 skakel of ‘n e-pos aan creativeconnections62@gmail.com stuur.

Die “Encounter Life” geniet die kreatiewe kamp wat aangebied is. “Creative Connections” daag almal uit om betrokke te raak en ’n verskil te maak. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button