Local newsNews

Koos en Ria oud Standerton-inwoners slaan mites oor oudword hok

Die Brinkies is as’t ware in ’n woonwa grootgemaak met die Kruger Wildtuin wat ’n voorkeurbestemming gebly het.

Die Brinks Koos en Ria, is soos ’n goeie rooiwyn sou sekere inwoners sê, juis vanweë die spontane gang van hulle lewens na formele aftrede.

Koos, wat ’n apteek op Evander vir 23 jaar bedryf en daarna by die Standerton Hospitaal diens gedoen het, se Ria het haar plek as skoolhoof by Haas Das Kleuterskool vir 11 jaar volgestaan.

Die egpaar het in 1990 na Standerton verhuis nadat die beskikbaarheid van locums vir Koos laat besluit het om sy onderneming te verkoop.

Koos is gebore op Standerton waar kraamsuster Viljoen hom destyds in Caledonstraat gevang het en die koerant kon in Burgerstraat met hulle wel en weë opvang.

Hy het ’n pos by die plaaslike hospitaal as senior apteker in Mpumalanga aanvaar, asook opleiding van susters en verpleegsters in die toedien en verkoelde berging van entstowwe behartig.

Uiteindelik sou hy in beheer wees van entstofverspreiding.

“Dit was lekkerder as toe ek my apteek gehad het,” het Koos erken.

Hy is sedert 2007 deeltydse apteker by Mar-Peh Medi-Care.

Nadat Ria in 2000 afgetree het, was daar vir haar nie sprake van stilsit nie.

“Ek het besluit om die res van my lewe aan kleutermusiek te wy,” het Ria gesê.

So gesê, so gedaan en tans gaan 750 kleuters weekliks in klasverband deur haar hande.

Met haar liefde vir slagorkeswerk, maak sy die kinders bewus van ritme en beweging en leer hulle die belangrikheid van konsentrasie en dissipline.

Die Brinks sal in Desember 57 jaar getroud wees en kinders Carina, Louisa, Ria en Ryk se nasate bring die telling op nege kleinkinders en een agterkleinkind.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button