Tuiskoop op Ermelo vier 48 jaar se gebak en brou

Sy het bygevoeg dat dit byna onmoontlik is om aan Ermelo te dink sonder dat die besonderse tuisnywerheid ook ’n draai in jou gedagtes kom maak.

Tuiskoop, vier hul 48ste diensjaar aan die gemeenskap van Ermelo op Vrydag 26 Oktober met ’n groot Karnival wat by die winkel gehou sal word.

Die winkel se deure is 1 Oktober 1970 op die hoek van Joubert- en Jan van Riebeeckstraat op Ermelo geopen, deur ’n groep boerevroue om ’n uitlaat vir hul tuisgemaakte produkte en handewerk te bied.
Vandag, 48 jaar later groei die bekende tuisnywerheid steeds van krag tot krag en bedien die gemeenskap van Ermelo daagliks met ’n vriendelike geselsie.
By Tuiskoop word daar nie net tuisgebak verkoop nie, maar vriendskappe word gesmee en raad word gedeel.
Volgens me. Sandra Kritzinger, voorsitter van die Tuiskoop-kommitee, word daar geen kortpaaie geneem nie.
Die gehalte van die eindproduk wat op die rakke van die bekende tuisnywerheid verskyn, is van die hoogste gehalte.
By Tuiskoop slaag hulle daarin om in spel te bly deur hul eie persoonlike veldtogte binne die gemeenskap te bestuur.
Elke maand word ’n tema-bevordering gehou en die winkel en winkelfront is vrolik versier volgens die tema om gereeld besoekers met iets nuuts te verras.
Die vrolike versierings kan nie anders as om ’n glimlag op motoriste en voetgangers se gesigte agter te laat nie.
“Dis altyd lekker om te gaan loer hoe die vertoonvenster van Tuiskoop opgemaak is.” het ’n inwoner aan die Hoëvelder gesê.
Sy het bygevoeg dat dit byna onmoontlik is om aan Ermelo te dink sonder dat die besonderse tuisnywerheid ook ’n draai in jou gedagtes kom maak.
Met ’n besoek aan Tuiskoop word inwoners herrinder aan ou nostalgiese tye wat jou laat verlang na jou ouma se tuisgebak en jy sukkel om te besluit watter lekkerny om te neem en wat om agter te laat vir ’n volgende keer.
Tuiskoop vier vandag hulle 48ste verjaarsdag met ’n groot Karnival-viering.
Die personeel van Tuiskoop nooi die gemeenskap uit om vandag saam met hulle te spandeer deur 48 jaar se geskiedenis van tuisgebak te vier.
Die Karnival begin om 8vm met baie koeke, kolwyntjies, lekkernye, boereworsrolletjies en vele meer om van te kies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version