Local newsNews

Secunda VLU-tak skenk aan Janelle Huis

Janelle Huis is van donasies afhanklik

SECUNDA – Lede van die Secunda VLU-tak het Woensdag, 10 Oktober byeengekom en me. Estelle Coetzer, eienaar en stigter van Janelle Huis, was die spreker.

Sy het vroue meer oor dié huis vertel en gesê Janelle Huis is nie ’n kinderhuis soos wat baie mense dink nie, maar ’n huis vir kinders in pleegsorg.

“Kinders wat mishandel is, word by Janelle Huis geplaas terwyl die hofsake aan die gang is en word dan na 90 dae in kinderhuise of na ander plekke geplaas,” het me. Coetzer gesê.

Janelle Huis is van donasies afhanklik om te oorleef en die VLU-vroue het elkeen ’n kruidenierspakkie opgemaak en dit aan me. Coetzer oorhandig.

Sy het ook swart houers wat hulle gebruik om die kinders se klere in te stoor, by die VLU gekry.

Dit was die Secunda VLU-tak se laaste vergadering vir die jaar en hulle hou hul afsluiting in November en sal dan eers weer volgende jaar vergader.

Vir meer inligting, skakel die voorsitter, me. Elaine Koch by 082 462 5422.

Me. Estelle Coetzer van Janelle Huis en me. Teresa de Wet van die Secunda VLU-tak met die kruideniersware wat die VLU vir Janelle Huis ingesamel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button