Local newsNews

Inwoners wat van die Transvalia-pad gebruik maak is moedeloos oor die toestand waarop hulle elke dag moet ry

“Daar is skoolbusse wat elke dag van die pad gebruik maak. Dit is nie veilig nie,” het ’n boer gesê.

Inwoners wat van die Transvalia-pad gebruik maak het Dinsdag, 11 September hul misnoeë uitgespreek oor die toestand van die pad.

Die departement van padwerke en Eskom is genooi om die vergadering by te woon sodat inwoners antwoorde kan kry.

Volgens een van die inwoners het Eskom 10 jaar gelede die gebruikersreg ontvang om die pad te gebruik terwyl die Majubaspoor gebou word.

Hy het gesê dat die gebruikersreg bepaal dat die instansie wat van die pad gebruik maak, die pad instand moet hou.

Die ooreenkoms is glo nie nagekom nie en die pad se toestand het by die dag versleg.

“Vier boere wat van die pad gebruik maak, moes onlangs die bande op hul voertuie vervang,” het ’n boer gesê.

Daar is volgens die boer wel ’n padskraper wat die pad gereeld gelyk skraap, maar dit word nie op standaard gedoen nie en die pad se toestand verder verswak.

Die plaaswerkers en hul gesinne sien ook nie meer kans om die pad te gebruik nie.

“Skoolbusse ry daagliks op dié pad. Dit is beslis nie veilig nie,” het die boer gesê.

Volgens ’n ander boer het dit tydens die vergadering aan die lig gekom dat Eskom nog nie die gebruiksreg op die pad oorgegee nie wat verhoed dat die departement van padwerke die pad kan herstel.

Daar is aan die inwoners gesê dat hulle binne 14 dae terugvoering oor die pad sal ontvang, waarna die inwoners tot die besluit gekom het dat indien hulle nie terugvoering ontvang nie, hulle geen ander keuse het as om die Morgenzonpad toe te maak nie.

Inwoners wat van die Transvalia-pad gebruik maak, vergader met die departement van padwerke en Eskom om antwoorde te kry oor die toestand van die pad. (Foto Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button