Local newsNews

Annebel Ermelo-tak benodig hulp om September spesiaal te maak vir die Annebel-dogters

Elke maand word daar aan miderbevoorregte tienermeisie bederfpakkies oorhandig

Die Annebel Foundation versorg minderbevoorregte tienermeisies landwyd.

Hulle ontvang elke maand bederfpakkies.

Opgeleide takbestuurders oorhandig dit maandeliks persoonlik aan die meisies en daar word tydens die byeenkomste gekuier, waar daar ook vir hulle basiese afrondingklasse gegee word.

Die Annebel Ermelo-tak benodig die hulp van Ermeloërs om ’n boks of twee vol produkte bymekaar te maak wat aan die meisies gegee kan word.

Elke pakkie bevat sjampoe, twee-in-een seep, tandepasta, onderarmrol, spuitgoed, skeermes, sanitêre doekies en room.

Vir meer inligting, skakel me. Saretha Ferns by 082 302 5335.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button