Local newsNews

Pierre Jordaan neem wenfoto’s

Belangstellendes is welkom om byeenkoms in September by te woon.

SECUNDA – Mnr. Pierre Jordaan se foto, “Street Musicians”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms Vrydag, 17 Augustus.

Lede van dié klub vergader maandeliks en skryf dan hul beste foto’s in.

Die ander wenners vir die maand was mnr. Gerrit Myburgh onder die junior fotograwe met sy foto, “Berghaan Jongeling”, en mnr. Jordaan wat die afdeling vir senior fotograwe gewen het met sy foto, “Majestic Bull”.

Belangstellendes is welkom om die klub se volgende byeenkoms wat in September plaasvind, by te woon.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button