CrimeNews

Jaco Jordaan weer in hegtenis geneem toe hy by hof op Secunda uitstap

Mnr. Jordaan het in Secunda verskyn op klagtes dat hy meer as ‘n honderd mense van Kriel en Secunda na bewering uit hul spaargeld bedrieg het in ’n multi-miljoen rand beleggingskema, Stocktraders SA, wat die polisie nou glo moontlik ’n grootskaalse Ponzi-stelsel is.

SECUNDA – Mnr. Jaco Jordaan (52), ’n sakeman van Heidelberg wat van meer as R100 miljoen se  verdink word, is vandag, 28 Augustus, op ’n soortgelyke aanklag voor die Secunda Landdroshof in hegtenis geneem.

Die Sandtonse polisie het hom ingewag en in hegtenis geneem ná sy saak hier na 15 November uitgestel is.

Hy moet Donderdag, 30 Augustus in Sandton se landdroshof verskyn.

Mnr. Jordaan het in Secunda verskyn op klagtes dat hy meer as ‘n honderd mense van Kriel en Secunda na bewering uit hul spaargeld bedrieg het in ’n multi-miljoen rand beleggingskema, Stocktraders SA, wat die polisie nou glo moontlik ’n grootskaalse Ponzi-stelsel is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/113186/jaco-jordaan-vermeende-swendelaar-wat-verdink-word-van-n-multi-miljoen-rand-bedrogskema-is-steeds-agter-tralies-op-secunda/

Speurders van Secunda en Kriel het mnr. Jordaan op 26 Februarie by die Germiston polisiekantore in hegtenis geneem waar hy probeer het om sy skootrekenaar en persoonlike eiendom terug te kry.

Dit was in die polisie se kluis terwyl mnr. Jordaan tyd in hul polisieselle deurgebring het weens ’n soortgelyke dossier wat reeds in 2012 in Gauteng teen hom geopen is.

Die polisie se handelmisdaadeenheid neem nou die ondersoek oor.

Heelwat mense van Kriel is bejaarde pensioentrekkers of mense wat ongeskik vir werk verklaar is en hul hele pensioen by mnr. Jordaan belê het met die verwagting om groot bedrae rente per maand te ontvang. Sommiges het inderdaad miljoene belê.

Dit het glo vir jare goed gegaan totdat die maandelikse uitbetalings in September 2017 opgedroog het.

Intussen word daar ook ondersoek op Heidelberg ingestel nadat geweerskote, vermoedelik vanuit ’n outomatiese geweer, by mnr. Jordaan se spoghuis in die vroeë oggendure van 7 Augustus afgevuur is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/116235/big-cases-postponed/

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button