Local newsNews

Secunda pastoor sluit Survivor SA af op hoë noot

Werner Joubert kan nog ’n kar wen op Survivor SA.

SECUNDA – Past. Werner Joubert, leraar van die Shofar Kerk op Secunda, is verlede Donderdagaand, 9 Augustus, tydens ’n episode van die realiteitsreeks Survivor SA, uitgestem.

Die sesde seisoen van dié reeks op MNET, is al in Januarie en Februarie in die Fillipynse eilande verfilm en past. Joubert het gesê dit was moeilik nadat hy teruggekeer het, om stil te bly.

“Dit het gevoel of ek swanger is, jy het hierdie opgewondenheid dat jy aan Survivor SA deelgeneem het en dan die teleurstelling om uitgestem te word, maar jy mag niks vir niemand sê nie,” het hy vertel.

Hy was een van die top vier deelnemers nadat Tom, Jeanne en Annalize hom uitgestem het.

“Dit was vir my baie hartseer om twee dae voor die einde van die reeks uitgestem te word.”

Hy het, nadat hy uitgestem is, vir van die deelnemers jammer gesê en dat dit vir hom moeilik was om in so ’n morele dilemma te wees.

Hy het 15kg verloor terwyl hy aan Survivor SA deelgeneem het en het nou weer 10kg opgetel.

Een van die hoogtepunte van die reeks vir hom was toe sy vrou, me. Juné Joubert, vir hom gaan kuier het op die Fillipynse eilande.

“Ek het al die Survivor-reekse gekyk en gewoonlik laat hulle die geliefdes kom kuier, maar op dag 35 het ons gedink dit gaan nie meer gebeur nie.”

Past. Joubert was oorstelp van vreugde toe sy vrou agter ’n rots uitgeloop het.

“Dit was so lekker om iemand daar te hê wat ek 100 persent kon vertrou en alles mee deel.”

Hy het een van die uitdagings gewen en sodoende vir hom en me. Joubert ’n ete vir die aand gewen.

Past. Joubert is ’n gekwalifiseerde biokinetikus en is nou betrokke by Sasol DigiMag Rugbyklub vir wie hy ook vir ’n paar jaar uitgedraf het op die veld.

Hy het in 2011 voltyds in die bediening gegaan en hy en sy vrou het in 2013 vanaf die Kaap na Secunda verhuis.

Hy wou aan Survivor deelneem van die eerste keer wat hy dié reeks gekyk het en is verlede jaar gekies as die mansreserwe vir die vorige seisoen, Survivor Champions.

Hy sal beslis weer deelneem as hy die geleentheid kry.

Past. Joubert staan die kans om ’n motor te wen as die publiek vir hom stem.

Stem vir hom deur die webwerf te besoek.

Hy het op sosiale media almal wat hom ondersteun het, bedank en gesê Survivor is ’n werklike spel met werklike mense en die seer wat mense mekaar tydens die reeks aandoen, is ook werklik.

“Ek het die spel gespeel en ek is gespeel op die ou einde.”

Van die kommentaar wat mense op sosiale media gedeel het nadat past. Joubert afgestem is, is:

Lauren Terblanche: Jy was awesome Werner! Well done! We loved watching your journey!

Catherine le Roux: Werner Joubert I cheered for you and I was so sad when you were voted out. It is truly emotional. You played so well. You were a true leader. Well done

Nadia Alberts: Die manier hoe jy uitgegaan het en jou interview na die tyd vertel watter ware leier jy is. Hope respek vir jou. Ek het nog nooit Survivor gekyk tot nou nie so dit was vir my interessant. Great game gewees en jy kan trots wees

Ané Gloy: Ai Werner, ons almal se harte is hartseer dat jy nie gewen het nie. Jy kan so trots wees op wie jy is en hoe jy die “game” gespeel het. Ek is seker jy het diep in almal se harte gekruip, ek gaan Donderdagaande so mis. Hoop jy wen “fan” favourite!!! Jy was die beste speler in die geskiedenis van Survivor

Emile Rossouw: Groot kompliment van Jeanne. “Best game… genuinely nice guy”. Stem saam. Dink ek moet crowdfunding aan die gang kry om tog jou miljoen vir jou te besorg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button