OPVOLG: Boer se bakkie gevind in Sheepmore na plaasaanval buite Ermelo

Mnr. Joshua Meyer is Donderdag, 2 Augustus omstreeks 10.30vm op sy plaas tussen Sheepmoor en Roodewal deur ses verdagtes aangeval.

[3 Augustus 2018] Mnr. Joshua Meyer is Donderdag, 2 Augustus omstreeks 10.30vm op sy plaas tussen Sheepmoor en Roodewal deur ses verdagtes aangeval.

Hy is saam met sy huiswerker en voorman vasgebind.

Mnr. Meyer se toestand is stabiel nadat hy met ‘n mes in sy arm gesteek is.

Die aanvallers het met sy groen Izuzu bakkie gevlug wat later in die Sheepmoor-gebied gevind is.

Vuurwapens, kontant, ‘n selfoon en jagtoerusting us tydens die aanval gebuit.

Plaaswagte van die omgewing, saam met ander lede, is steed besig met die opvolg.

………………………………….

[2 Augustus 2018] Mnr. Joshua Meyer is in ‘n stabiele toestand nadat hy vroeër vandag tydens ‘n plaasaanval met ‘n mes in sy arm gesteek is.

Sy blou 2.5 Isuzu bakkie met die registrasie nommer DZM 459 MP is tydens die aanval gesteel.

Daar was vermoedelik ses verdagtes, waarvan twee gewapen is.

Die aanval het op die R65 tussen Ermelo en Amsterdam plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version