CrimeNews

Plaasboer van De Kuilen betrap mans op heterdaad hout steel

Mnr. De Wet he aangedui dat hy die afgelope twee tot drie weke al deurgeloop het.

’n Plaasboer van De Kuilen, mnr. Johan de Wet, het op Saterdag, 21 Julie omstreeks 3nm per boot in die Vaalrivier afgevaar en diewe, wat hout steel, op heterdaad betrap.

Volgens mnr. De Wet het hy vroeër die week diefstal opgemerk en juis ondersoek ingestel om die diefstal te bekamp.

Die diewe maak gebruik van saamgeflansde polistireenbootjies om na die buitery die streepsakke met wilgerboomhout te vervoer om by die gekose bestemming te verkoop.

Mnr. De Wet he aangedui dat hy die afgelope twee tot drie weke al deurgeloop het.

Nie net is die wilgerbome langs die rivier ’n teiken nie, maar die gesaaides blyk ook ’n versoeking wat nie weerstaan kan word nie.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button