Vyf leerders van Hoërskool Ermelo het in die vakansie akademiese tyd by Beeldskool geniet.
Vandré Swart, Lusanti Brundyn, Jenna Lewis, Lana Grobler en Berné de Kock was tussen 25 Junie en 5 Julie in Pretoria.
Die klasse is deur mnr. Johan Mitton by Tuks aangebied en het onder andere oor gr. 11-hersiening en die gr. 12-sillabus in spesifieke vakgebiede gehandel. Die klasse is hoofsaaklik ter voorbereiding van die rekord- en eindeksamen aangebied.
Wiskunde is in die eerste week behandel en fisiese wetenskap in die tweede week.
“Mnr. Mitton se aanbieding was puik. Ek is seker almal sal saamstem dat ons baie geleer het. Ons het geskaterlag vir mnr. Mitton se humor!” het Lusanti Brundyn gesê.