Local newsNews

Geraldine Stoffberg wil mense in nood bystaan en ondersteun

Groep sal projek vanaf Davieshof hardloop.

SECUNDA – Me. Geraldine Stoffberg, voormalige voorsitter van die Helpende Hand Secunda-tak wat onlangs ontbind het, het ’n groep gestig om steeds behoeftiges in nood by te staan.

Die naam van dié groep is Secunda-projekte en hulle gaan hoofsaaklik daarop fokus om behoeftiges in die omgewing te help.

Hulle het Saterdag, 9 Julie inwoners van Davieshof besoek en vir hulle wol geneem.

Die idee is dat die inwoners items brei of hekel met die wol en dit kan verkoop om sodoende ’n inkomste te genereer.

Lede van die groep het reeds kospakkies aan families in nood uitgedeel en samel nou nie-bederfbare kos en geld in om bederfbare kos te koop vir families in nood.

“Selfs as mense net R10 of R20 skenk, kan dit help,” het me. Stoffberg gesê.

Toe die Secunda Helpende Hand-tak nog bestaan het, was me. Stoffberg op die punt om ’n projek op die been te bring waar werkloses items kon maak in ’n werkwinkel en dan ’n deel van die wins as dié items verkoop sou word, vir hulself kon hou.

Me. Stoffberg het reeds van die masjiene en toerusting gehad.

Sy wil steeds voortgaan met dié projek en het hande geneem met Davieshof se bestuur wat ingestem het dat sy ’n Wendy-huis by Davieshof kan oprig vanwaar sy dié projek sal hardloop.

Me. Stoffberg soek ’n skenking van ’n Wendy-huis of iemand wat bereid is om dit teen ’n billike prys aan haar te verkoop sodat sy weer met dié projek kan begin.

Werkloses sal houtwerk en naaldwerk deur dié projek kan doen en sodoende hul eie inkomste genereer.

Die groep beplan om ’n gholfdag te reël om geld in te samel vir toekomstige projekte en hulpbystand in armoede.

Hulle wil ook bestaande organisasies wat ander projekte aanbied, bystaan en help.

Belangstellendes kan me. Stoffberg skakel by 072 967 9991.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/116629/helpende-hand-reik-uit-2/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button