Jy kan uitsien na die volgende kunstenaars se optrede by Val Boeredag 2018

Moet nie vanjaar se Val Boeredag misloop nie!

Soos jy teen dié tyd seker al weet, is dit weer tyd vir Val Boeredag, Woensdag, 4 Julie 2018.

Maak seker jy loop dit nie mis nie!

Besoekers kan uitsien na die damesprogram met Elizma Theron, Kosie Beukes en die Ventertjies, asook Appel.

Vir diegene wat se voete jeuk of wil litte losmaak, is daar ’n boeredans wat tot laat aanhou.

Elizma Theron sal omstreeks 11vm te siene wees in die AFGRI-tent tydens die damesprogram – Foto verskaf.
Kosie Beukes (Konsertina Kaskenades) asook die Ventertjies sal jou vermaak omstreeks 1nm – Foto verskaf.
Die Ventertjies – Foto verskaf.
Appel sal omstreeks 6nm sy verskyning op die planke maak – Foto verskaf.

Ander kunstenaars sluit, Andries Vermeulen en kie asook Ivor Price van Landbouweekliks in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version