Local newsNews

Sussa Pelser van Hoëveld Fotografieklub neem beste foto’s

Klub vergader weer in Julie en belangstellendes is welkom.

SECUNDA – Me. Sussa Pelser het twee afdelings tydens die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms gewen.

Haar foto, Peanut, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die onderwerp vir Junie was diereportrette.

Een van haar ander foto’s, Moth on Iris, was die beste onder die junior fotograwe en dr. Leon Pelser se foto, Makeup Artist, was die beste onder die senior fotograwe.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering is in Julie.

Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Me. Sussa Pelser se foto, Peanut, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Dr. Leon Pelser se foto, Makeup Artist, was die beste onder die senior fotograwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button