EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Round Table Secunda 231 nooi jou na hul Winter Knights-aand

Kom luister na Ampie en skenk komberse

TRICHARDT – Ondersteun die Round Table Secunda 231 se Winter Knights-projek by Stoepstories op Trichardt moreaand, 9 Junie.

Die sanger en liedjieskrywer, Ampie, gaan optree ten bate van die Round Table. Hulle bied dié aand aan om geld, kos en komberse vir die organisasie se Fighting Cold-veldtog in te samel.

Dié nie-winsgewende organisasie wat uit jong mans met ’n hart vir hul medemens bestaan, is daarop gemik om projekte vir hul gemeenskappe aan te pak.

Die Tafelaars gaan reeds vanaf 6nm by Stoepstories hul “shooters”-tafel opslaan. Ampie se vertoning begin om 8nm.

Toegang kos R100 per persoon. Mense word gevra om ook kos en komberse te skenk.

Related Articles

Back to top button