EHS-gholfspelers laat die stokke praat

In die A-liga kon die Erries daarin slaag om 38 punte bymekaaar te maak wat aan hul dié week se derde plek besorg het.

Ermelo Hoërskool se gholfspelers het Vrydag, 25 Mei aan die derde ronde van die Gert Sibande Hoërskole-gholfliga op Volksrust Buiteklub deelgeneem.

Hulle het in die A-liga 38 punte bymekaaar gemaak wat aan hulle die week se derde plek besorg het. Tyron Dewar was sy span se beste speler met 15 punte. Die A-span is derde op die algehele punteleer, slegs vier punte agter die voorlopers.

Die Erries het tweede in die B-liga met ’n spantotaal van 48 punte geëindig. Kobus van Heerden het 17 punte bygedra.

Die B-span is steeds eerste op die punteleer.In die C-liga het die Erries ook die ronde in die tweede plek met 46 punte afgesluit.

Carla Ferreira en Marni Prinsloo het 17 punte elk gehad wat hulle die week se twee beste spelers in die span gemaak het.

Die C-span bly in die eerste plek op die algehele punteleer. Die finale ronde van vanjaar se liga vind op 1 Junie by die Ermelo Buiteklub plaas.

Exit mobile version