NewsSchools

Skaakspelers van Laerskool JJ van der Merwe maak die regte skuiwe tydens die Msukaligwa individuele proewe

JJ-skaakspelers neem aan die Msukaligwa individuele skaakproewe by Laerskool Breyten deel.

JJ-skaakspelers het Saterdag, 12 Mei aan die Msukaligwa individuele proewe by Laerskool Breyten deelgeneem.

Altesaam 13 skaakspelers van JJ is gekies om aan die Gert Sibande-proewe op Saterdag, 19 Mei wat by Laerskool JJ van der Merwe aangebied word, deel te neem.

Die uitslae is: Jan-Maarten van Schalkwyk is as die toernooiwenner in die S0/11-afdeling aangewys, Xander Victor het die tweede plek ingeneem, AJ du toit die vierde plek en Prosper Motha die sesde plek.

Lees ook: JJ-sportspanne blink uit tydens verskeie toere

Jyotikka Bhika is as die toernooiwenner in die D0/11-afdeling aangewys. Tenielle Thirion het in die derde plek geëindig, Elané Nel in die vyfde plek en Eljoné van Niekerk in die sesde plek.

Otto van Schalkwyk het derde in die S0/13-afdeling geëindig en Dominic Snyman sesde in die D0/13-afdeling.

Die 0/9-skaakspelers het vriendskaplik deelgeneem. Arno van der Bank het tweede geëindig, Ryan Buys derde en Theo Guelpa sewende.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Related Articles

 
Back to top button