Hoëveldse Fotografieklub-fotograwe skryf beste foto’s in

Dr. Leon Pelser neem beste foto’s by maandelikse byeenkoms.

SECUNDA – Lede van die Hoëveldse Fotografieklub het Vrydag, 6 April by die Sasol Ontspanningsklub byeengekom en dr. Leon Pelser was die beste fotograaf van die maand.

Hy het die voorgeskrewe onderwerpafdeling gewen met sy foto “Farming on the Other Side”, asook die seniorafdeling met sy foto “Sun Time Square”.

Dr. Pelser het ook sertifikate van meriete vir dié foto’s ontvang.

Die beste fotograaf onder die juniorfotograwe was mnr. Peter Winnan met sy foto “In Coming”.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Lees ook:

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is mnr. Pierre Jordaan met sy foto “Roofarend in Vlug”, en dr. Pelser met sy foto’s “Mot Gevreet” en “Christane”.

Die Hoëveldse Fotografieklub se volgende vergadering is op Vrydag, 4 Mei om 6nm vir 6.30nm by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Dr. Leon Pelser se foto “Christane” het ’n sertifikaat van meriete gekry.
Dr. Leon Pelser se foto “Mot Gevreet” het hom ’n sertifikaat van meriete besorg.
Dr. Leon Pelser se foto “Sun Time Square” was die beste onder die seniorfotograwe.
Dr. Leon Pelser se foto “Roofarend in Vlug” het hom ‘n sertifikaat van meriete besorg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version