CrimeNews

WAARSKUWING: ‘Gawe’ oom alweer besig op Standerton met onheilighede

Sy modus operandi behels om na ’n paar minute terug te skakel om te hoor of die mense al op pad is en te vra of hulle net vir hom twee R200 en een R75 Vodacom- lugtydkoopbewys sal saambring.

Elke nou en dan is die ‘gawe’ oom wat iets op sy plaas gedoen wil hê, bedrywig en het op 19 April aan die Standerton Buiteklub belowe om ’n bees te skenk.

Sy modus operandi behels om na ’n paar minute terug te skakel om te hoor of die mense al op pad is en te vra of hulle net vir hom twee R200 en een R75 Vodacom-lugtydkoopbewyse sal saambring.

Die kontant is by hom en hy kan nie dadelik op die dorp uitkom nie want die tannie lê op die bank en hy kan haar nie alleen los nie.

Lees ook:  Woman found dead in her house in Sakhile

Sodra die mense op die plaas aankom, bestaan daar nie so iemand nie en die telefoonnommer, waarvandaan hy bel, lui net aanhoudend en is later ook af.

Hy teiken gewoonlik ondernemings wat ’n diens lewer en voertuie uitstuur.

Standertonners het in die verlede hul rieme styfgeloop.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Related Articles

Back to top button