Local newsNews

[GALERY]: SAVF-huis geniet boemelaars tema-aand

Personeel van die tehuis het die gemeenskap uitgenooi om hul tente en komberse saam te bring en op te slaan op die perseel.

Die plaaslike SAVF het Vrydag, 6 April hul eerste boemelaars tema-aand aangbied as deel van hulle fondsinsamelingsprojek.

Inwoners, personeel en lede van die publiek het dit terdeë geniet.

Die aand was ’n groot sukses en vroeg Maandag oggend het die inwoners van die tehuis reeds die personeel gevra wanneer die volgende tema aand gaan plaasvind.

Lees ook: BBV hou Algemene Jaarvergadering

Personeel van die tehuis het die gemeenskap uitgenooi om hul tente en komberse saam te bring en op te slaan op die perseel.

Daar is ’n vuur aangesteek, stories van die vergete dae is vertel en heerlik saam gekuier.

Die SAVF bedank graag almal wat die aand saam hulle geniet het.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button