Toeriste, onder wie Katie Price, Donderdgaand by Warburton beroof

Die toeriste is beroof van alles wat hulle by hulle gehad het

’n Groep van sowat 10 toeriste, onder wie Katie Price en haar twee minderjarige kinders onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, is Donderdagaand omstreeks 8nm. naby Warburton, nie ver van Ermelo beroof.

Volgens mnr. Athol Stark, sameroeper van die Hoëveld toerisme in Mpumalanga, het die twee voertuie wat lede van ’n internasionale rolprentmaatskappy vervoer het langs die hoofweg stilgehou en het ’n voertuig agter hulle stilgehou en hul ligte volsterkte aangeskakel om die toeriste te verblind.

Vier mans het uit dié motor gespring.

Die bestuurder van die een voertuig is so hard geslaan dat hy sy bewussyn verloor het.

Hy is van sy beursie, kontant en sy skootrekenaar beroof.

Die rowers het die sleutels van albei motors gevat en die toeriste gedreig.

Die toeriste is beroof van alles wat hulle by hulle gehad het

Een toeris het beserings aan sy gesig opgedoen en is na die hospitaal geneem waar hy vir sy beserings behandel is.

Sommige van die toeriste sal reeds Vrydagaand terugkeer na Engeland.

Die toeriste onder wie twee kinders is erg getraumatiseerd en gaan  tans by ’n oord op Ermelo tuis.

Exit mobile version