MunicipalNews

Munisipaliteit gee terugvoering na twee mans geskok is met oorhoofse kragkabel

Sy het gesê dat inspeksie gereeld uitgevoer word, skewe pale word vervang en lyne wat slap hang word styf getrek.

Na twee mans, ’n plaasbestuurder en motorwerktuigkundige, mnre. Allen Greaves en Johan Kotzë, op 9 Maart beseer is na ’n fratsongeluk met ’n oorhoofse kragkabel, het die Standerton Advertiser vrae aan die Lekwa Munisipaliteit gerig.

Volgens me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder, het die antenna van die stroper nie die oorhoofse kragkabel gehaak nie, maar was naby genoeg vir die elektriese stroom om te spring en sodoende het die stroper die stroom gelei.

Lees ook: Mans met brandwonde na hospitaal gehaas na hulle met kragkabels geskok is

Sy het gesê dat inspeksie gereeld uitgevoer word en dat skewe pale vervang en lyne wat slap hang, styfgetrek word.

In dié geval is die hoogte van die lyn, wat 5.1m moet wees, nou 4.8m wat me. Mtshiselwa toegeskryf het aan die boer wat ’n ekstra laag bogrond (topsoil) op die land toegedien het.

Volgens mnr. Nicky van der Linde, plaaseienaar van Ventura Stoetbeeste, was die Lekwa Munisipaliteit op die plaas na die voorval.

Hy het gesê dat die bogrond nie soveel is nie en dat dit onwaarskynlik is hoekom die kabel slegs 4.8m van die grond af is.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button