Goue Jare-gesinsdag vind dié naweek plaas

Goue Jare-gesinsdag word aangebied om geld in te samel vir ’n behuisingsprojek vir behoeftige bejaardes

TRICHARDT – Die Goue Jare-gesinsdag vind Saterdag, 17 Maart op ’n plaas buite Trichardt plaas.

Dié dag word op Trichardtfonteinplaas langs die N17-snelweg buite Trichardt gehou om geld in te samel vir ’n beplande behuisingsprojek vir bejaardes wat net van staatspensioene afhanklik is.

Vier Suid-Afrikaanse kunstenaars, Maroelaboom, Janco Laubscher, Gary Forwood en Stiaan Reynierse, is die kunstenaars wat dié dag besoekers sal vermaak.

Die Goue Jare-gesinsdag het ’n aantal stalletjies beskikbaar en daar word ook ’n veiling vir die dag beplan waar enigiets wat mense skenk, op veiling verkoop kan word.

Me. Geraldine Stoffberg en haar span wil dié dag minstens R350 000 insamel.

“Dit is hoeveel ons gaan benodig om die deposito en drie maande se huur vir die perseel te betaal,” het sy verduidelik.

Me. Stoffberg nooi die publiek om die Goue Jare-gesinsdag te ondersteun en saam te geniet. Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R120 ’n volwassene en R80 vir kinders ouer as 12.

Die hekke open om 9vm. Skakel me. Stoffberg by 072 967 9991 of 081 4779548 as jy enigiets vir die veiling wil skenk en om kaartjies te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version