Local newsNews

Mans met brandwonde na hospitaal gehaas na hulle met kragkabels geskok is

Die stroper se twee-rigting-antenna het aan die oorhoofse kabel geraak wat dié ramp veroorsaak het.

‘n Plaasbestuurder en motorwerktuigkundige, mnre. Allen Greaves en Johan Kotzë, is op 9 Maart beseer na ‘n fratsongeluk met ‘n oorhoofse kragkabel op ‘n plaas, net buite Standerton.

Hulle het aan ‘n stroper gewerk en met die toetsrit het iets nie pluis geklink nie en gevolglik is gestop waarna die mans nie besef het hulle staan direk onder die oorhoofse kragkabels nie.

Die stroper se twee-rigting-antenna het aan die oorhoofse kabel geraak wat dié ramp veroorsaak het.

Mnr. Greaves, plaasbestuurder, het eerste van die stroper afgeklim en is geskok.

Volgens mnr. Nicky van der Linde, plaaseienaar van Ventura Stoetbeeste, het mnr. Kotzë afgeklim om te kyk wat met mnr. Greaves fout was.

LEES OOK: “Hy was nie net my broer nie, hy was my buddy.”

Voordat mnr. Greaves die probleem kon uitwys, het mnr. Kotzë aan die stroper geraak en die krag van die elektriese stroom het hom teen die stroper se tafel vasgetrek.

Volgens mnr. Van der Linde, het mnr. Greaves probeer om mnr. Kotzë van die stroper af te trek, maar die stroom was te sterk.

Die plaasbestuurder het die stroper weggeskuif en is weer geskok.

“Allen het Johan se lewe gered,” het mnr. Van der Linde gesê.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button