NewsSchools

Erries atlete ryg trofees in

Lana Herholdt (D0/15) - beste dogter in spronge met 876 ASA-punte in die hoogspring en beste hekkies-dogter in die 300m met 721 ASA-punte.

Die Erries het op Saterdag, 10 Februarie op Lydenburg aan ’n atletiekbyeenkoms teen Hoërskool Lydenburg, Curro Nelspruit, Curro Secunda en Penryn College deelgeneem.

Die volgende atlete het trofees ontvang:

Meghan Houg (D0/16) – beste naellope-dogter met 724 ASA-punte in die 100m.

Caylin Loock (D0/14) – beste langafstand-dogter met 741 ASA-punte in die 800m.

Lana Herholdt (D0/15) – beste dogter in spronge met 876 ASA-punte in die hoogspring en beste hekkies-dogter in die 300m met 721 ASA-punte.

Carla Ferreira – (D0/14) beste worpe-dogter met 1200 ASA-punte in spiesgooi.

Haar afstand van 41,25m het haar die eerste EHS-atleet gemaak wat in die afgelope 30 jaar verder as 40m gegooi het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button