Reeksverkragter kry 10 jaar tronkstraf nadat hy vrou naby Bethal verkrag

Man verkrag vrou wat geryloop het.

BETHAL – Gerhardus Botha (42) is onlangs in die Bethal-streekshof vir 10 jaar tronk toe gestuur vir verkragting.

Botha het verlede jaar ’n 34-jarige vrou wat tussen Devon en Bethal geryloop het, opgelaai, haar na ’n afgeleë plek geneem en haar verkrag.

Hy het haar met ’n mes gedreig en haar geld gesteel. Die vrou het sy voertuig se registrasienommer geneem en die verkragting by die polisie aangemeld.

Die polisie het Botha as ’n reeksverkragter beskryf omdat hy met DNA verbind word in ander sake in Gauteng.

Konst. Tumisho Molobela van die familiegeweld-, kinderbeskermings- en seksuele oortredingseenheid op Secunda, het Botha op Devon in hegtenis geneem toe sy voertuig se registrasienommer positief met die saak verbind kon word.

Hy kan nog tronkstraf opgelê word as die ander sake in Gauteng afgehandel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version