[OPVOLG] Bekende boer verdrink op plaas tussen Trichardt en Kriel

Mnr. Danie Theron (71) het gister, 6 Maart op sy plaas, Klipkraal tussen Trichardt en Kriel, in ’n dam verdrink.

Mnr. Danie Theron (71) wat Dinsdag, 6 Maart in ‘n dam op sy plaas, Klipkraal verdrink het, se roudiens vind Saterdag plaas.
Die diens vind op 10 Maart om 12nm vanuit die NG Moedergemeente op Bethal plaas.
Na afloop van die diens sal mnr. Theron op die plaas Klipkraal begrawe word en verversings sal op die plaas bedien word.

 

Hy het omstreeks 10vm op 6 Maart vir sy familie gesê hy gaan ’n pomp by die dam regmaak.

Toe hulle hom later probeer skakel en geen antwoord kry nie, het sy seun en die plaasbestuurder na hom gaan soek.

Hulle het sy liggaam omstreeks 2nm in die dam gekry.

Volgens mnr. Theron se skoonseun, mnr. Ryno Beukes, het mnr. Theron vir meer as 50 jaar op dié plaas geboer en was bekend in die omgewing.

Hy word oorleef deur sy vrou, me. Delien Theron, vyf kinders en agt kleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version