CrimeNews

Charl Cilliers-plaasmoordverdagtes trek hul borgaansoek terug

Mnre. Thsepo Molefe (35), Bheki Vilakazi Hadebe (36) en Shadrack Tshabalala (35) is kort na die moord in hegtenis geneem as hoofverdagtes.

Die drie mans wat weens die moord op mnr. Hans Meyer, ’n plaasboer van Charl Cilliers, in hegtenis is, het Maandag, 4 Maart hul aansoek om borgtog in die Secunda-landdroshof teruggetrek.

Mnr. Meyer  (70) is op 16 Februarie in sy plaashuis op die plaas Vogelvlei  beroof en doodgeskiet.

Mnre. Thsepo Molefe (35), Bheki  Vilakazi Hadebe (36) en Shadrack Tshabalala (35) is kort na die moord in hegtenis geneem as hoofverdagtes.

Mnr. Michael Sikhane (39) is weens die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem en is reeds op 21 Februarie op bortog van R5 000 vrygelaat. Die saak teen mnr. Mlenkeli Thungo is teruggetrek.

Die saak is uitgestel tot 6 April.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button