CrimeNews

Charl Cilliers-plaasmoordverdagtes trek hul borgaansoek terug

Mnre. Thsepo Molefe (35), Bheki Vilakazi Hadebe (36) en Shadrack Tshabalala (35) is kort na die moord in hegtenis geneem as hoofverdagtes.

Die drie mans wat weens die moord op mnr. Hans Meyer, ’n plaasboer van Charl Cilliers, in hegtenis is, het Maandag, 4 Maart hul aansoek om borgtog in die Secunda-landdroshof teruggetrek.

Mnr. Meyer  (70) is op 16 Februarie in sy plaashuis op die plaas Vogelvlei  beroof en doodgeskiet.

Mnre. Thsepo Molefe (35), Bheki  Vilakazi Hadebe (36) en Shadrack Tshabalala (35) is kort na die moord in hegtenis geneem as hoofverdagtes.

Mnr. Michael Sikhane (39) is weens die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem en is reeds op 21 Februarie op bortog van R5 000 vrygelaat. Die saak teen mnr. Mlenkeli Thungo is teruggetrek.

Die saak is uitgestel tot 6 April.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button