Militêre Veterane maak lyn nat om geld in te samel vir noodfonds

Volgens die bestuur, is die kompetisie ’n geldinsamelingsprojek om ’n noodfonds te stig vir militêre veterane in die eenheid.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se Militêre Veterane van Standerskop, Standerton sal ’n hengelkompetisie aanbied.

Die ope-oewerhengelkompetisie sal op 24 Maart by die Waterwese-terrein gehou word.

Die hek open reeds om 6vm en die hengelaars kan om 7vm lyne ingooi met die inweeg wat van 3nm tot 4nm geskied.

Die koste is R150 ’n hengelaar en slegs twee visstokke ’n hengelaar word toegelaat.

Geen aas-bote of kano’s en ‘inloop’ sal toegelaat word nie.

Pryse gaan in die volgende afdelings toegeken word:
• Swaarste Karp
• Swaarste Baber
• Swaarste Modderbek
• Beste spesie-sak
• Beste junior

Volgens die bestuur, is die kompetisie ’n geldinsamelingsprojek om ’n noodfonds te stig vir militêre veterane in die  eenheid en om die eenheidadministrasie gesond te bedryf.

Navrae kan aan mnre. Jan Bezuidenhout by 082 895 8645, Leon Hattingh by 082 928 7892 en Pikkie Petzer by 082 306 0615 gerig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version