Local newsNews

18-maande oue Secunda-seuntjie wat met neuroblastoomkanker gediagnoseer is, is gesond

Sy dokters het dit as ’n wonderwerk beskryf. Die uitslae het aangetoon dat JE kankervry is.

Jan Ernst (JE) Kruger, die 18-maande oue seuntjie wat verlede jaar met neuroblastoomkanker gediagnoseer is, is gesond.

Sy dokters het dit as ’n wonderwerk beskryf.

“Die kankergewas was in September nog 18cm groot en in Desember toe hy weer vir ’n ondersoek gegaan het, was dit opgebreek in twee kleiner dele,” het sy ma, me. Mandie Kruger, vertel.

JE het vir nog twee chemosessies gegaan sodat die kanker kon krimp voor sy operasie op 19 Februarie waartydens dokters die kliere uitgesny het. Die dokter het die drie klein kliertjies, wat al was wat van die kanker oorgebly het, vir toetse gestuur.

Die uitslae het aangetoon dat JE kankervry is.

Een van die kliertjies het ’n bietjie kanker ingehad en JE sal binnekort vir sy laaste chemosessies gaan om seker te maak daar is niks meer kanker in sy liggaam nie.

Mense het vir JE gebid vir genesing en sy ouers is dankbaar dat hy nou gesond is.

Lees ook: Boetie met neuroblastoomkanker gediagnoseer twee weke nadat sussie hare vir Kansa skenk

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button