Local newsNews

Evander-klankingenieur se stokperdjie op skool lei hom na ’n kleurvolle loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf

Sy klankverskaffing het nou sy loopbaan geword en hy het al aan groot produksies gewerk.

Mnr. Read van Zyl (27) het op skool nooit gedink sy “klein” stokperdjie sou eendag tot ’n kleurryke loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf lei nie.

Hy wou eers ’n polisieman of prokureur geword het, maar het vinnig gesien sy entrepreneursvermoë vra om uitgeleef te word.

Dié klankingenieur van Evander is tans op toer saam met die akteur Leandie du Randt en die sanger Irene-Louise van Wyk.

“Ek het eintlik al in gr. 7 begin om musiek vir skoolsokkies en verjaarsdae te maak. Destyds het ek nog nie toerusting soos ’n skootrekenaar gehad nie.

“Ek het my pa se hoëtroustrel (hi-fi) gebruik en my ma het my rondgery. Soms het dit selfs twee ritte geverg om alles van die huis na die saal te vervoer.” Mnr. Van Zyl het met die geld wat hy by dié geleenthede verdien het, weer nuwe musiek en toerusting aangekoop.

Intussen het hy ná skool opleiding ontvang en saam met sy pa by privaat ondersoeke en die sekuriteitsindustrie betrokke geraak.

 “Ek het tot ’n paar jaar gelede eintlik nog net op musiek maak by troues gefokus en om klank te verskaf by funkies. Dit was wanneer ek vir ShoNeill ontmoet het en toe ek werklik by musikante en musiekoptredes betrokke geraak het.”

Hy is verloof aan ShoNeill, ’n ervare kunstenaar en liedjieskrywer in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Lees sy volledige storie in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button