Local newsNews

Militêre Veterane geniet maandelikse ontbyt

Alle oud-weermaglede en hul gades is welkom om dit saam te geniet.

Die maandelikse ontbyt van die Militêre Veterane sal op 3 Maart om 9.30vm by die Standerton Rugby Sosialeklub plaasvind.

Alle oud-weermaglede en hul gades is welkom om dit saam te geniet.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging het ’n projek, genaamd “Kolgans”, wat daarop gemik is om kameraderie tussen lede en hul families te hernu en te bevorder.

Eenhede landwyd reël ’n ontbyt op die eerste Saterdag van elke maand waarby alle militêre veterane kan inskakel.

Dit word sover moontlik altyd by dieselfde plek in die onderskeie dorpe gereël sodat dit ’n instelling raak waarby almal, sonder uitnodiging, gereeld kan inval

Militêre Veterane word genooi om aan te sluit by die S.A. Weermagvereniging (SAWV) en deel te neem aan die aktiwiteite saam met die eenheidslede in hul gemeenskap.

SAWV Standerskop se ontbyt beloop slegs R60 ’n persoon.

Skakel mnre. Jan Bezuidenhout by 082 8958 645, Thinus van Niekerk by 082 3227 645 of Leon Hattingh by 082 9287 892 voor of op 1 Maart indien die ontbyt bygewoon sal word en meld die getal persone.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button