Local newsNews

Poedel doodgeskiet op Bethal-plotte laasnag

Buurman se Pekinees is ook sowat twee maande gelede doodgeskiet.

BETHAL – Babe, ‘n 2-jarige poedel is gisteraand omstreeks 7.30nm in haar erf op die Bethal-plotte doodgeskiet.

Haar eienaar, me. Hannie Venter, wil weet hoekom iemand haar hondjie sou doodskiet.

“‘n Poedel kan niemand enige skade aandoen nie, hoekom het iemand haar geskiet?”

Die gesin was weg vir die naweek en haar dogter se vriend wat die huis opgepas het, en hul buurman het die hond dood op die grasperk aangetref.

Me. Venter het gesê dié buurman se Pekinees is ook sowat twee maande gelede doodgeskiet.

Die buurman vermoed ‘n .22 vuurwapen met ‘n knaldemper op is gebruik.

Me. Venter het op Facebook-groepe geskryf dat die persoon wat haar hond geskiet het, haar asseblief moet sê waarom Babe geskiet is.

Sy gaan die voorval by die polisie aanmeld sodra sy terug is by die huis.

Related Articles

Back to top button