Bekende Bethaller, Stephan Venter verloor kankerstryd

Die bekende Bethaller mnr. Stephan Venter, is Maandagoggend omstreeks 3.05vm na ’n lang stryd teen breinkanker dood.

Die bekende Bethaller mnr. Stephan Venter, is Maandagoggend omstreeks 3.05vm na ’n lang stryd teen breinkanker dood.

Hy was 60 jaar oud. Mnr. Venter is in 2015 met breinkanker gediagnoseer en het behandeling daarvoor ontvang en het ook operasies ondergaan. Hy het jare gelede melanoomkanker gehad, maar was in remissie.

Hy is ’n paar jaar daarna met keelkanker gediagnoseer wat hy ook oorwin het. Mnr. Venter het direk na skool by die polisie aangesluit en het daarna vir sowat 20 jaar op die plaas Sukkelaar geboer.

Hy was die middelste seun van ’n voormalige burgemeesterspaar van Bethal, mnr. Willie en me. Ceciel Venter.

Me. Venter is jare gelede aan kanker dood, terwyl mnr. Venter (snr) in ’n motorongeluk dood is. Sy jongste dogter, me. Anelia Venter, het haar pa beskryf as die heel beste mens in die wêreld.

“Hy was iemand wat altyd gehelp het, hy was saggeaard en ’n nederige mens.”

Mnr. Venter was ook geliefd onder sy vriende.

Hy laat sy vier kinders, Melanie, Anelia, Kobus en Marnus, asook twee kleinseuns na. Die roudiens vind eerskomende Vrydag om 11vm plaas vanuit die N.G. Kerk se Moedergemeente. Ds. Evert Bergh sal die diens lei.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version