Secunda-ouer skiet bakkie se venster stukkend buite skool

Man was vermoedelik kwaad omdat ’n ander ouer voor sy ingang geparkeer het.

’n Ouer van ‘n plaaslike laerskool was geskok toe sy gistermiddag (21 Februarie) gesien het hoe ‘n man ‘n bakkie se venster stukkend skiet.

Volgens die ouer het sy omstreeks 4.30nm voor die skool in haar motor gesit en wag vir haar seun wat rugby geoefen het.

“Ek het een hengse slag gehoor en vriende wat by my gestaan het, het gevra wat was dit. Ek het kort daarna ‘n kraakgeluid gehoor en gesien die bakkie se venster is stukkend.

“Daar loop tydig en ontydig kinders verby, wat as dit ‘n kind getref het? As ek op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was, kon die koeël my getref het, want my motor het reg oorkant die bakkie gestaan.”

Die ouer vermoed die man was kwaad omdat die bakkie by sy ingang geparkeer was.

“Die man het later doodluiters met sy kinders daar uitgestap asof niks gebeur het nie.

“Ons het die eienaar van die bakkie vertel wat gebeur het en hy het ’n hele ruk voor die man se huis gestaan en naderhand gery toe niemand uitkom nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version