CrimeNews

OPVOLG: Moordbeskuldiges in Hans Meyer-saak verskyn in Secunda-hof

Die verdagtes is steeds in aanhouding na die plaasaanval op Vogelvlei waar mnr. Hans Meyer op 16 Februarie doodgeskiet en sy vrou, Ilse, hardhandig hanteer is.

Drie moordbeskuldigdes, mnre. Tshepo Molefe (35), Bheki Vilakazi Hadebe (36) en Shadrack Tshabalala (35)  gaan na verwagting op 5 Maart aansoek om borgtog doen na hulle op 21 Februarie op Secunda in die hof verskyn het.

Die verdagtes is steeds in aanhouding na die plaasaanval op Vogelvlei waar mnr. Hans Meyer op 16 Februarie doodgeskiet en sy vrou Ilse hardhandig hanteer is.

Mnr. Michael Sikhane (39) is op R5 000 borg vrygestel.

Lees ook: OPVOLG: Ses verdagtes in hegtenis geneem na plaasmoord naby Standerton

Mnr. Mlenkeli Thungo is vrygelaat sonder borg en die rede is aangevoer dat laasgenoemde twee verdagtes net in besit van gesteelde eiendom was.

Die hoofverdagtes gaan blykbaar aansoek om regshulp doen.

Lees ook:  NUUSFLITS: Vermoorde boer se uitgebrande bakkie gevind op Emzinoni

Die vrou, wat aanvanklik in hegtenis geneem is, het nie in die hof verskyn nie en is blykbaar laat gaan omdat die verdagtes erken het dat hul die selfoon by die venster uitgegooi het, sy het dit glo opgetel.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button