Hans Meyer vermoor tydens plaasaanvaal op Charl Cilliers/Standerton-pad

“Vanaand skiet ons julle dood, het hulle vir my pa en stiefma, Ilse (69), gesê vóór my pa twee keer op naby-afstand in die bors geskiet is.”

Hulle was daarop uit om te moor.

Só meen mnr. Koos Meyer, oudste seun van mnr. Hans Meyer (70) wat Vrydagnag op die plaas Vögelvlei in die Charl Cilliersdistrik doodgeskiet is.

“Vanaand skiet ons julle dood, het hulle vir my pa en stiefma, Ilse (69), gesê vóór my pa twee keer op naby-afstand in die bors geskiet is.”

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, is die Meyers omstreeks 9.20nm in hul sitkamer waar hulle televisie gekyk het, oorval.

Drie mans het die bejaardes na die kluis in die hoofslaapkamer gedwing en die kluissleutels geëis.

Ná die rowers drie vuurwapens, juwele en geld uit die kluis gebuit het, het hulle die egpaar terug na die sitkamer geneem waar mnr. Meyer toe op die bank laat sit is.

Hulle het eers met hom geredeneer en toe summier geskiet.

Me. Meyer is hardhandig behandel.

Sy is ook op ’n stadium oor die kop geslaan, maar haar beserings word as gering beskryf.

Ná die rowers verkas het met al die selfone en kontakmiddels in die huis, het sy na die polisiestasie op Charl Cilliers gejaag en die plaasaanval aangemeld.

Die Meyers se Ford Ranger-bakkie waarin die moordenaars gevlug het, is Sondag uitgebrand in eMzinoni gevind.

’n Vrou is hier in hegtenis geneem nadat een van die Meyers se selfone in haar besit gevind is.

Die polisie het deur die loop van Sondagnag nog vyf mans in verband met mnr. Meyer se moord aangekeer.

Die vyf mans het reeds Dinsdag (20 Februarie) in die landdroshof op Evander verskyn.

Lees die volledige artikel op die Ridge Times voorblad op ons webtuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version