Honde op Standerton verdwyn tussen neus en oë

Daar is R8000-beloning aangebied vir die vind van Sky.

Die Standerton Advertiser het snuf in die neus gekry na voorvalle aangemeld is waar honde spoorloos verdwyn.

“Dit is verbysterend dat ’n hond tussen neus en oë wegraak by ’n hek wat gesluit is,” het me. Nelia Wright,  eienaar van Sky, gesê.

Selfs na ’n beduidende beloning aangebied is, is Sky steeds soek.

Mnr. Jaco Wright het by die gemeenskap gepleit om te help om hom op te spoor.

“My seun is baie depressief en soek die hele tyd na Sky,” het hy gesê.

Skakel mnr. Jan Truter by 071 605 1328, me. Nelia Wright by 083 745 7295 of mnr. Jaco Wright by 083 301 3302 met inligting rakende Sky.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version