Local newsNews

KYK HIER: ’n Gebed van dankbare Standerton-seuntjie op Kersfees

Trek die snesies nader, dié video is geneem toe van die kinders hulle geskenke oopgemaak het.

’n Gebed, wat skielik opgesê is deur ’n klein seuntjie wat ’n Kersgeskenk ontvang het, het die hartsnare geroer.

Standerton Genade, ’n nie-winsgewende organisasie op Standerton, het ’n projek waar geskenke aan minderbevoorregte kinders oor Kersfees gegee word.

Dinge is in Desember verlede jaar anders gedoen en die geskenkies is by hulle huise afgelaai waar Kersvader dit self aan hulle oorhandig het.

Dié video is geneem toe van die kinders hulle geskenke oopgemaak het.

Die gebed lui:

“Dankie liewe Jesus dat liewe Jesus vir Kersvader vir ons gestuur het wat ons baie ‘like’, dankie, dankie”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button