LettersLocal newsMunicipalNewsOpinion

Gevaar skuil in ons strate

Dit is altyd die reën wat kabels laat “ontplof” en dan is die dorp in duisternis gehul.

Ek lees met vebystering van die kragkiosks en substasies wat oop staan in ons dorp se strate.

Wat ’n ongelooflike gevaar hou dit nie in vir inwoners nie.

En so op hierdie Maandagmôre sit ons weer sonder krag.

Ons is al so keelvol vir verskonings vanaf Musikwaligwa Munisipaliteit.

Dit is altyd die reën wat kabels laat “ontplof” en dan is die dorp in duisternis gehul.

Wat bestee sakelui en huishoudings aan diesel/brandstof om kragopwekkers te laat loop ten einde hul sake te bedryf nie?

Lees ook: Inwoners sonder krag nadat boom ontwortel

Is daar ’n manier hoe ons kollektief ’n aksie kan loods teen die munisipaliteit vir al ons uitgawes en verlies aan toestelle weens hul opsetlike onvermoë om die dorp se infrastruktuur behoorlik in stand te hou en behoorlike onderhoud te doen?

Dit is verseker ons reg om te leef en te werk op ’n dorp wat behoorlik funksioneer.

Weet iemand of al die tegnikci in diens wel oor die toepaslike kwalifikasies beskik vir die pos deur hul beklee?

Wie het raad asseblief?

Related Articles

Back to top button