Local newsNews

Springbok van Standerton verklap nie geheime nie

Die gogga het haar gebyt en wat as ’n stokperdjie begin het, is nou ’n leefwyse.

Die Springbok, Tokkie Brits, hoef nie na komplimente te hengel nie.

Tokkie het reeds in 2014 haar Springbokkleure in dié sportsoort verwerf en is na Weymouth, Engeland, saam met ’n spanmaat, om daar vis te vang.

Die aanloop tot haar prestasie was egter ongewoon.

“Toe my jongste dogter uit die skool in 2006 is, het my oorlede man, Aubrey, vir my gesê ek moet saamkom viswater toe.

“Ek het gesê ek gaan ’n boek saamvat en as dit nie lekker is nie, gaan ek nooit weer saam nie.”

Die gogga het haar gebyt en wat as ’n stokperdjie begin het, is nou ’n leefwyse vir dié lid van die Standerton Boot- en Hengelklub.

Om as Springbok aangekondig te word, moet ’n hengelaar aan ’n aantal klubkompetisies deelneem, geaffilieer word by haar provinsie en vir ten minste drie jaar visse aan wal bring.

Daarna sal ’n ranglys bepaal of aan nasionale kompetisies deelgeneem kan word.

By die weeklange nasionale kompetisie, wat een jaar by die dam en die ander by die see gehou word, word die koring van die kaf geskei en voornemende Groen en Goud-verteenwoordigers word volgens die ranglys gekies.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Related Articles

Back to top button