Ermelo vullisterrein dop die toets

“Talle terreine voldoen nie eers aan die basiese vereistes nie en sekeres het geen omheining nie en ook nie masjinerie vir byvoorbeeld die kompaktering van vullis nie.”

Ermelo se vullisterrein het weer onder die loep gekom toe die nege AfriForum-takke op die Hoëveld geoudit is as deel van die burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinouditveldtog.

Altesaam 17 vullisterreine in Mpumalanga is besoek en nie een het aan die vereistes voldoen nie.

Met die projek besoek AfriForum munisipale vullisterreine om te kyk of munisipaliteite voldoen aan regulasies soos voorgeskryf deur die wet.

Vereistes sluit onder andere toegangsbeheer, onwettige storting, brandregulasies, omheining en rehabilitasie in.

“Dit is skokkend om sien dat munisipale besture hul pligte in die verband so versuim,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in Mpumalanga gesê.

“Talle terreine voldoen nie eers aan die basiese vereistes nie en sekeres het geen omheining nie en ook nie masjinerie vir byvoorbeeld die kompaktering van vullis nie.”

Volgens mnr. Bekker is daar mense, sonder beskermende klere, wat deur die rommel sif op sommige terreine vir privaatherwinning, wat ’n veiligheidsrisiko inhou.

Volgens munisipale besture moes sekere terreine al gesluit gewees het, maar dit is steeds in werking en geen kennisgewings is in dié verband opgerig nie.

Ermelo se vuillisterrein het 42% in die oudit behaal.

AfriForum sal met die betrokke munisipaliteite in verbinding tree om moontlike oplossings te bespreek.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version