Local newsNews

Mimi Coertze en kie is veilig in Nadia se hande

Nadia Erasmus het al baie reptiele gehad en vandag woon sy op ’n plaas buite Leandra sodat sy genoeg spasie vir haar bykans 600 diere kan hê.

Me. Nadia Erasmus het toe sy ’n dogtertjie van agt jaar oud was, al diertjies soos slakke en insekte gevang en in haar kas aangehou.

As daar ’n padda in hul swembad versuip het, het sy hom uitgehaal, oopgesny en gekyk waar al sy binnegoed sit.

Sy het ook slakke gevang en hul ledemate afgesny en dan gesien dit groei weer terug.

Haar ouers het op al die diertjies en insekte in haar kas afgekom nadat sy ’n rooilippie gevang en hy haar gebyt het en sy toe met die sak patats vorendag moes kom dat sy diere in haar kas aanhou.

 

Me. Erasmus hou van koudbloedige diere en het op 10 haar eerste wettige slang, ’n koringslang, gekry.

Sedertdien het sy al baie reptiele gehad en vandag woon sy op ’n plaas buite Leandra sodat sy genoeg spasie vir haar bykans 600 diere kan hê.

 

Lees die volledige artikel in die Echo koerant op ons websuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button